Musk sê: Tata, Trump! May 30, 2025

Elon Musk het as die medehoof van Amerika se departement van doeltreffendheid, Doge, bedank. Dit volg ná Musk een van die kernbeleide van president Donald Trump gekritiseer  het. Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het verlede week ‘n wetsontwerp aanvaar wat Trump as groot en pragtig beskryf het, met belastingverligting van triljoene dollar en ‘n belofte aan verhoogde verdedigingsbesteding. Musk het aan CBS News gesê hy voel dit ondermyn sy pogings om besteding te verminder. Hy sê ‘n wetsontwerp kan groot of mooi wees, maar nie albei nie.