Leeuwyfie byt Bernd Kebbel dood by HoanibrivierMay 30, 2025
Die bekende natuurliefhebber Bernd Kebbel is naby die Hoanibrivier deur ‘n leeu doodgebyt, het NamPol kommissaris James Nderura bevestig. Kebbel het glo omtrent 2-uur vanoggend uit sy daktent geklim en op die laaste trap het ‘n leeuwyfie hom gegryp en afgetrek. Sy het hom aan die keel gegryp. ‘n Persoon het probeer help en haar met ‘n flitslig geslaan, en uiteindelik het die leeu hom gelos, maar dit was te laat. Kebbel was baie na aan dr. Flip Stander, die woestyn-aangepaste leeus-spesialis, en het gereeld saam met hom in die omgewing gewerk. Hy het ook gehelp met die bemarking van Stander se film, Lions of the Skeleton Coast. Kebbel was ook ‘n internasionale waterski-toernooi boot bestuurder.