Krieket: Spanne spook vir eindstrydplek in Indiese IPL May 30, 2025
‘n Plek in die eindstryd van die Indiese Premierliga is vandag op die spel in die eerste kwalifiseerder tussen Punjab Kings en Royal Challengers Bengaluru in New Chandigarh. Die twee spanne, wat eerste en tweede op die punteleer geëindig het, veg albei vir hul eerste titel in die kompetisie. Vandag se wenner gaan deur na Dinsdag se eindstryd, terwyl die verloorder steeds ‘n kans het in Sondag se tweede kwalifiseerder teen die wenner van môre se elimineerder tussen Gujarat Titans en Mumbai Indians.