Kombat-myn verkoop vir N$428,7 miljoenMay 30, 2025
Die Kombat-kopermyn is vir 428,7 miljoen Namibiese dollar verkoop. Die Kanadese maatskappy Trigon Metals het sy 80 persent aandeel in die transaksie aan Horizon Corporation en Kamino Minerals verkoop. Luidens ‘n persverklaring van Trigon Metals is dit ‘n kontant-transaksie. Die Engelse dagblad The Namibian berig dat Knowledge Katti, ‘n stigter-aandeelhouer van Trigon Namibië, sê hy ondersteun die transaksie en Horizon as die nuwe belegger in die Kombat-myn. Katti sê die transaksie sal nuwe werkgeleenthede vir die gemeenskap skep en lewenstandaarde verbeter. Die myn is sedert 31 Januarie gesluit, nadat dit ondergronds oorstroom het na twee pompe gebreek het.