Kabila terug in DRK, ontmoet M23-rebelleMay 30, 2025

Oud-president Joseph Kabila was gister terug in die Demokratiese Republiek van die Kongo en plaaslike leiers in Goma ontmoet. Die stad in die ooste van die DRK word deur die Rwanda-gesteunde M23-rebelle beset. Hy is in Goma ten spyte daarvan dat hy ‘n moontlike hoogverraadverhoor in die gesig staar oor sy beweerde steun vir die M23-rebelle. Felix Tshisekedi, sy opvolger as die president van die DRK, beskuldig Kabila daarvan dat hy die meesterbrein vir die gewapende groep is. wat dele van die mineraalryke Kongolese ooste met Rwanda se hulp beset het.