Italië se Marini val met motorfiets, erg beseer May 30, 2025

Die Italiaanse motorfietsrenjaer, Luca Marini, sal moontlik volgende week se MotoGP-wedren in Aragon, Spanje, misloop nadat hy tydens toetse in Japan geval het. Die bestuurder van Honda Factory Racing het veelvuldige beserings opgedoen, onder meer ʼn ontwrigte heup, talle beenbreuke en ʼn long wat platgeval het. Honda sê Marin sal in ‘n Japanse hospitaal bly vir waarneming tot hy gereed is om huis toe te gaan. Hy is tans 13de op die punteleer.