Israel skep nuwe nedersettings in besette Wesoewer May 30, 2025
Israel het die skepping van 22 nuwe nedersettings aan die besette Wesoewer aangekondig, wat die verhouding met die internasionale gemeenskap verder onder druk kan plaas. Die Verenigde Nasies veroordeel Israeliese nedersettings aan die Wesoewer gereeld as onwettig sê dit word gesien as een van die grootste hindernisse vir blywende vrede tussen Israeli’s en Palestyne. Die minister van Finansies, Bezalel Smotrich, wat self ‘n setlaar is, sê nuwe gemeenskappe sal in Judea en Samaria gevestig word. Dit sal vernuwing bring aan nedersettings in die noorde van Samaria en Israel se oostelike spilpunt versterk.