Drie vandag in hof oor daggaplantasie by HochfeldMay 30, 2025

Nóg ‘n verdagte is vasgetrek in verband met die daggaplantasie op ‘n plaas naby Hochfeld waarop die polisie Woensdagoggend afgekom het. Die plaaseienaar, plaasbestuurder en bestuurder van die motor waarin 52 groot sakkies dagga gevind is, verskyn vanoggend in die landdroshof op Okahandja. Die daggaplantasie van 1,55 hektaar was versteek in landerye op die plaas.