Djoko goed op dreef in Franse OpeMay 30, 2025

Tennis: Die driemalige kampioen, Novak Djokovic van Serwië het na die derde rondte van die Franse Ope deurgedring toe hy met Corentin Moutet van Frankryk afgereken het. Die derde gekeurde Duitser Alexander Zverev het ná een stel agter, die jong Nederlander Jesper de Jong geklop. Australië se Alex De Minaur, nommer nege in die wêreld, en die 19de gekeurde Tsjeg Jakub Mensik is uitgeskakel. In die vroue-afdeling is die Amerikaners Coco Gauff, Jessica Pegula en Madison Keys maklik deur na die volgende rondte.