Veediefstal raak al wrederMay 29, 2025

Die Omaruru Boerevereniging het ‘n beroep op die regering gedoen om drastiese strafmaatreëls in te stel om veediefstal as ‘n saak van erns te takel. Dit volg ná die eienaars van die plaas Klein Okombahe naby Omaruru Woensdag ‘n kalf gevind het wat met ‘n spies deurdring was. Die kalf het kraal toe gesukkel, maar kon nie gered word nie. Die ondervoorsitter van die Omaruru Boerevereniging, Markus Trede, het die voorval veroordeel en gesê dis skokkend hoe veediefstal en stropery toeneem en al wreder raak.