Tennis: Sabalenka klop Teichmann by Franse OpeMay 29, 2025
Die eerste gekeurde Aryna Sabalenka van Belarus het na die derde ronde van die Franse Ope deurgedring ná haar oorwinning van 6-3, 6-1 teen Switserland se Jil Teichmann. Die verdedigende kampioen, Iga Swiatek van Pole, het Brittanje se Emma Raducanu met 6-1, 6-2 geklop, terwyl verlede jaar se naaswenner, Jasmine Paolini van Italië, die Australiër Ajla Tomljanovic met 6-3, 6-3 verslaan het. In die mansafdeling het die Italianer Matteo Gigante die Griek Stefanos Tsitsipas in drie stelle uitgeskakel. Die twee Amerikaners, Tommy Paul en Frances Tiafoe, is ook deur na die laaste 32.