Seekoei val seuns in Kavango-Wes aanMay 29, 2025

Twee tienerseuns in Kavango-Wes het vroeër vandeesweek ‘n noue ontkoming gehad toe hulle deur ‘n seekoei by die Kasisi-nedersetting aangeval is. Volgens die polisie was die seuns Maandag tussen 16:00 en 17:00 in ‘n kano toe hulle aangeval is. Die 16-jarige seun het ‘n ernstige beenbesering opgedoen en is na die staatshospitaal op Rundu oorgeplaas. Die ander seun, 13 jaar oud, het ongedeërd daarvan afgekom.