Polisie slaan toe op daggaplantasie naby HochfeldMay 29, 2025
Die Namibiese polisie het Woensdagoggend op ‘n daggaplantasie op ‘n private plaas tussen die Osire-vlugtelingkamp en Hochfeld afgekom. Die vonds is gemaak ná die polisie ‘n voertuig met 52 sakke dagga op die pad tussen Hochfeld en Okahandja voorgekeer het. Die bestuurder het hulle toe na die plaas geneem. Die daggaplantasie beslaan 1,55 hektaar en is tussen landerye versteek. Daar is ook ‘n sinkgebou met vyf kamers waar die dagga uitgedroog word. Daarna word dit in ‘n stoorkamer op die plaas geweeg en verpak. Die plaasbestuuder en die bestuurder van die voertuig is inhegtenis geneem en verskyn môre in die landdroshof op Okahandja.