Nóg drie renosters in Hardap gestroopMay 29, 2025
Die karkasse van nóg drie renosters, twee koeie en ‘n bul, is Dinsdag op ‘n plaas naby Maltahöhe in die Hardapstreek gevind. Dit dieselfde plaas waarop ‘n renosterkoei vroeër vandeesmaand gestroop is en haar kalfie wees gelaat is. ‘n Beloning van een miljoen Namibiese dollar is uitgeloof vir die inhegtenisname van die sindikaat wat vir die stropery verantwoordelik is.