Negejarige Namibiër dra skaakkroon in KeniaMay 29, 2025
Die negejarige Namibiese skaakgenie Frederick Cronje het geskiedenis gemaak deur onoorwonne by vanjaar se Individuele Skaakkampioenskappe vir Afrika-skole in Mombasa, Kenia weg ge stap. Cronje het sewe keer gewen en twee gelykop gespeel om die titel as Afrika se onder-9-skaakkampioen te verower. Die Namibiese Skaakfederasie sê hy het met kalmte, moed en volwassenheid ver bo sy ouderdom gespeel.