NDF ontmyn erf langs hospitaalMay 29, 2025
Die Namibiese weermag gaan volgende maand landmyne op ‘n erf langs die staatshospitaal op Grootfontein verwyder sodat die hospitaal dit kkan ontwikkel. Die erf is in 2022 afgekamp ná ‘n ontploffing tydens ‘n skoonmaakveldtog. Volgens die NDF se woordvoerder, kolonel Petrus Shilumbu, het die ontmyningsproses onder meer stilgestaan weens die koste verbonde daaraan.