Beervleis dalk op gou op rakke in SlowakyeMay 29, 2025

Die vleis van bruinbere, ‘n beskermde spesie in die Europese Unie, mag dalk binnekort in Slowakye beskikbaar wees om te eet, nadat die populistiese regering nuwe planne goedgekeur het. Die kabinet het in April ‘n plan goedgekeur om sowat ‘n kwart van die een-duisend-300 bruinbere in die land te skiet, in reaksie op ‘n paar onlangse noodlottige voorvalle. Bewaringsbewustes, opposisie-politici, asook die Europese Parlement het dit skerp gekritiseer. Die Slowakye-regering gaan egter voort met die plan en het hierdie week aangekondig die vleis van bere wat uitgeskiet word sal aan die publiek verkoop word om vermorsing te voorkom.