Trump kanselleer regeringskontrakte met HarvardMay 28, 2025

President Donald Trump gaan na wat berig word federale agentskappe opdrag gee om alle regeringskontrakte met Harvard-universiteit te kanselleer. Die ongeveer 30 kontrakte is gesamentlik 1,8 miljard rand werd. Sedert April is reeds 57 miljard rand se navorsingstoelaes gevries. Daar is ook probeer om die universiteit te verbied om buitelandse studente in te skryf, ‘n stap wat tydelik deur federale howe geblokkeer is. Die New York Times sê die opdrag aan federale agentskappe beweer die universiteit pas steeds rassediskriminasie toe in sy toelatingsproses.