Stormers nie van stryk oor Willemse-skorsingMay 28, 2025
Die Stormers is nie angstig oor die afwesigheid van die ervare Springbok-agterspeler Damian Willemse vir Vrydagaand se Verenigde Rugbykampioenskaps-kwarteindstryd teen Glasgow Warriors in Skotland nie. Willemse is vir drie wedstryde geskors vir sy rooikaart teen Cardiff, wat tot twee verminder kan word as hy Wêreldrugby se sogenaamde duiktegniekskool bywoon. Voorspeler-afrigter Rito Hlungwani sê die span het die afgelope paar weke baie verbeter na hulle die seisoen swak afgeskop het, en maak nie staat op net een buitengewoon begaafde speler nie.