Namibiese dammestand effe laerMay 28, 2025
Namibië se damme is tans in totaal 88,1 persent vol, effe minder as die 88,5 persent van verlede week, toon NamWater se jongste data. Die Suide se damme – Hardap, Neckartal en die Naute – het die meeste gesak. NamWater skryf die algehele verlaging in damvolumes in die land aan seisoenale vernaderings en voortgesette vraag toe. Die instelling sê hulle monitor alle reservoirs en maatreëls om volhoubare watervoorsiening en –gehalte te verseker. NamWater doen ‘n beroep op die publiek om voort te gaan met spaarsamige waterverbruik.