Lewenslank vir moordenaars van Botma-egpaarMay 28, 2025

Die twee mans wat Giel and Sarie Botma in Februarie 2018 op hul plaas naby Koës in die //Kharas-streek vermoor het, is Dinsdag beide tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Julius Arndt (47) en Andries Afrikaner (44) is albei skuldig bevind aan twee klagte van moord, verkragting, huisbraak, roof met verswarende omstandighede en sameswering tot moord. Regter Dinnah Usiku het beide ook ‘n vonnis van 15 jaar vir verkragting gekry, asook tien jaar vir vir huisbraak en roof, en 15 jaar vir sameswering tot moord.