Krieket: Royal Challengers Bengaluru môre teen Punjab KingsMay 28, 2025

Royal Challengers Bengaluru speel môre teen die eerste span op die Indiese Premierliga-punteleer, Punjab Kings, in die eerste kwalifiseerder na hulle oorwinning van ses paaltjies oor Lucknow Super Giants in die laaste groepswedstryd. Rishabh Pant se onoorwonne 118 van 61 balle het Lucknow gevoer tot 227 vir drie in hulle 20 boulbeurte. Die waarnemende kaptein, Jitesh Shamra, se 85 het RCB daarna gehelp om die teiken te haal met agt balle oor. Dis die derde hoogste suksesvolle lopie-jaagtog in die geskiedenis van die toernooi.