Generasie-plaaswerkers kry grondMay 28, 2025

Landbouminister Inge Zaamwani het Dinsdag eienaarsbriewe vir hervestigingsplaaseenhede aan nege generasie-plaaswerkers oorhandig wat voorheen met hul vee in die korridors van die Omaheke-streek moes wei. Die regering het twee plase in die streek teen 28 miljoen Namibiese dollar in totaal gekoop. Dit beslaan net meer 11 000 hektaar, terwyl die regering se grondhervormingsteiken 15 miljoen hektaar is.