Nuwe visa-reëlings maak groot geld vir landMay 27, 2025
Die binnelandse sake-ministerie het reeds mediaberigte wat beweer dat Namibië se nuwe visa-regime toerisme gaan knou, afgeskiet as onwaar en agenda-gedrewe. Die ministerie noem as voorbeeld 243 passasiers op ‘n vlug vanaf Frankfurt wat Sondag in net meer as ‘n uur deur immigrasie op Hosea Kutako Internasionale Lughawe beweeg het. Die ministerie se woordvoerder, Margaret Kalo, het ook ‘n opdatering gegee oor die inkomste wat sover verdien is deur die nuwe visa-vereistes.