Nege sterf op paaie die langnaweekMay 27, 2025
Nege mense het die afgelope naweek hul lewens op paaie in Namibië verloor en minstens vyf mense is ernstig beseer. Ses mense is Saterdag in ‘n ongeluk op die B1 tussen Windhoek en Rehoboth dood. In die Oshikoto- en Otjozondjupa-streke het motorongelukke die dood van twee mense veroorsaak. Op die pad tussen Outjo en Khorixas is ‘n voetganger dood ná hy deur ‘n motor getref is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ruben Uupindi, die fonds se senior bestuurder van ongeluk- en beseringsvoorkoming.