Namibië, Botswana se raffinaderyplanne kan werk May 27, 2025

Namibië se Botswana se planne om vennote in die bou van ‘n olieraffinadery te wees, hou groot ekonomiese voordele in, sê die veteraan-ekonoom John Steytler. Dit sluit in werkskepping, infrastruktuele vooruitgang en groter handelsgeleenthede. Daar is egter baie uitdagings wat eers oorkom moet word, sê Steytler. ‘n Omsigtige ekonomiese analise, omgewingsbeplanning en strategiese uitvoering van die projek is van kernbelang, sê hy.