Leeus vs Wallabies-reekswenner kan dalk met valbylpunt beslis wordMay 27, 2025

Rugby: Vanjaar se reeks tussen die Wallabies en die Britse en Ierse Leeus kan deur ‘n valbylpunt in bykomende tyd beslis word. Die hoof van Rugby Australië, Phil Waugh, sê hulle het die voorstel gedoen in die geval waar die reeks op een wedstryd elk staan en die laaste toets gelykop eindig. 2017 se reeks tussen die Leeus en Nieu-Seeland is gedeel toe die beslissende wedstryd 15-elk geëindig het. Waugh sê hulle stel die toeskouers se ervaring bo alles, en wag op die besoekers se besluit in die saak.