Hoof van omstrede Gaza-hulpgroep bedank May 27, 2025

Die hoof van die Gaza Humanitarian Foundation wat hulp in Gaza moet versprei as deel van ‘n omstrede Israel-gesteunde plan, het bedank. Die voormalige Amerikaanse vlootlid Jake Wood sê die stigting sou nie kon voldoen aan die beginsels van “menslikheid, neutraliteit, onpartydigheid en onafhanklikheid” nie. Die organisasie het in reaksie hierop gesê hy is “nie afgeskrik” deur Wood se bedanking nie en sal voortgaan met sy verspreidings en wil teen die einde van die week een miljoen Palestyne bereik. Die Verenigde Nasies kritiseer die plan en weier om deel te neem.