Fitch hou Namibië se kredietrisiko-gradering op BB-minusMay 27, 2025

Die internasionale kredietgraderingsagentskap Fitch Ratings het Namibië se kredietrisiko-gradering onveranderd gehou op BB-minus gehou, wat beteken dat die land as stabiel maar kwesbaar beskou word. Die gradering plaas Namibië in die spekulatiewe of nie-belegging-kategorie. Fitch sê die gradering word ondersteun deur die land se sterk bestuursaanwysers en institusionele raamwerk relatief tot eweknieë, en fiskale finansieringsbuigsaamheid wat deur die groot nie-bankwese finansiële sektor ondersteun word. Fitch voorspel ook dat die fiskale tekort in die huidige boekjaar tot 5 persent van BBP sal toeneem.