26 mense verdrink in Oshana May 27, 2025
Altesaam 26 mense tussen die ouderdom van een en 65 jaar het in die eerste vyf maande van vanjaar in die Oshana-streek verdrink. Die afgelope naweek het vier mense so gesterf. Drie verdrinkings is Saterdag by die polisie aangemeld. ‘n Eenjarige seuntjie het in ‘n emmer water in die Outapi-kiesafdeling verdrink, terwyl ‘n 17-jarige seun in ‘n put in die Omusati-streek verdrink het. ‘n Man van 29 het in ‘n dam by die Onawa-nedersetting verdrink. Sondag is die liggaam van ‘n 48-jarige man in ‘n rivier in die Oshana streek deur polisieduikers gevind.