Volksmoordgesprek met Duitsland duur voortMay 26, 2025
Die Namibiese regering is steeds besig met onderhandelinge met Duitsland oor reparasies vir die volksmoord van 1904 tot 1908, sê adjunkpresident Lucia Witbooi. Witbooi het Sondag tydens die Afrikadag-vieringe gesê Namibië wil ‘n omvattende oplossing hê wat voorsien in die land se regmatige eis vir reparasies en die aan die behoeftes van die geraakte gemeenskappe voldoen.