Filmmaker Jen Bartlett sterfMay 26, 2025

Die wêreldberoemde natuurlewe-filmmaker Jen Bartlett van Swakopmund is in die ouderdom van 93 oorlede. Bartlett, ‘n gebore Australiër, en haar man Des het in 1978 na Namibië verhuis. Des is reeds in 2009 oorlede. Saam het die Bartletts meer as 200 dokumentêre programme oral in die wêreld gemaak, baie daarvan in Namibië. Hul werk is met twee Emmy-toekennings beloon en het erkenning van National Geographic ontvang.