Tennis: Djokovic maak geskiedenis in GenèveMay 25, 2025

Novak Djokovic het wéér tennisgeskiedenis gemaak toe hy Hubert Hurkacz Saterdag geklop en ‘n geskiedkundige 100ste ATP-toernooititel by die Genève Ope gewen het. Djokovic is die derde manspeler om 100 ATP-titels te verower. Die Serwiese meastro het die eindstryd met 5-7, 7-6, 7-6 gewen. Die wedstryd het meer as drie uur geduur.