Namibië jaag vinniger internetMay 25, 2025
Die inligtingsministerie wil Namibië se internetspoed verbeter en teiken ‘n minimum-aflaaispoed van 25 megabit per sekonde (Mbps) en ‘n oplaaispoed van drie Mbps. Die huidige standaardkoers is 2 Mbps. Volgens die ministerie se uitvoerende direkteur, Audrin Mathe, sê hoewel beduidende vordering met die uitbreiding van digitale infrastruktuur in die land gemaak is, is daar nog werk wat voorlê. Daar is ‘n groot gaping tussen die breëbandspoed wat tans beskikbaar is en die toenemende behoeftes van die sakesektor, ander instellings en gewone verbruikers in Namibië, sê Mathe.