Iranse fliekmaker wen Cannes-filmfeesMay 25, 2025

Die veelbekroonde Iranse rolprentmaker Jafar Panahi het Saterdagaand die gesogte Goue Palm-prys by die jaarlikse Cannes-rolprentfees gewen. Panahi se komedie-drama, It was Just an Accident, het met die louere weggestap. Die rolprent volg die lewe van Irannese wat saamsweer om die man wat hulle onder die vorige regime gevange geneem het, ook weer aan te hou. Panahi is al verskeie kere weens sy rolprente in hegtenis geneem.