Sabalenka ‘sterker as ooit’ voor Franse OpeMay 24, 2025
Tennis: Die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka, sê sy voel sterker as ooit terwyl sy op die Franse Ope mik na ‘n vierde Grand Slam-titel en ‘n eerste op klei. Die topgekeurde van Belarus het in Madrid haar derde titel op klei gewen en die kwarteindronde van die Italiaanse Ope in Rome gehaal. Sabalenka het verlede jaar in die kwarteindronde in Parys teen die Russiese tiener Mirra Andreeva verloor en sê sy vat vanjaar geen kanse nie. Sy begin môre haar veldtog teen die wêreld-nommer-75, Kamilla Rakhimova van Rusland.