Rusland lanseer massiewe lugaanval op KiëfMay 24, 2025

Minstens 14 mense is beseer nadat Rusland vanoggend 250 hommeltuie en 14 ballistiese missiele teen Kiëf gelanseer het, wat brande in huise en geboue veroorsaak het. Dit was een van die grootste gesamentlike lugaanvalle op die stad sedert die begin van die oorlog. Die Oekraïnse lugmag sê dat dit ses missiele en 245 hommeltuie afgeskiet het. Oekraïnse president Volodymyr Zelensky het op X gesê met elke sodanige aanval word die wêreld meer seker dat die oorsaak van die verlenging van die oorlog in Moskou lê. Die aanval was net ure na Rusland en die Oekraïne gevangenes uitgeruil het, ná samesprekings tussen die twee lande in Turkye.