Penaud terug vir Bordeaux vir Kampioenebeker-eindstrydMay 24, 2025
Rugby: Die Franse vleuel Damian Penaud is in Bordeaux-Begles se opdrafspan vir vandag se Kampioenebeker-eindstryd teen Northampton in Cardiff. Penaud was op die kantlyn met ‘n enkelbesering sedert die halfeindstryd-oorwinning oor Toulouse vroeër die maand. Die 28-jarige het hierdie seisoen 21 drieë vir die klub en Frankryk gedruk en vorm ‘n gevaarlike vennootskap met Louis Bielle-Biarrey. Hoofafrigter Yannick Bru het ses ander veranderings aan sy span aangebring sedert verlede naweek se Top 14-oorwinning oor Castres, insluitend die insluiting van Tonga se swaargewigstut, Ben Tameifuna, op die bank.