Nuwe strategie vir Nida se Kavango Cattle RanchMay 24, 2025

Die Namibiese Nywerheidsontwikkelingsagentskap, Nida, en die Kavango-Wes-streekraad het ‘n nuwe strategie bespreek om die Kavango Cattle Ranch op plaas Mangetti in ‘n winsgewende onderneming te omskep. Die inisiatief poog om beesgesondheid en markkwaliteit te verbeter, plaasinfrastruktuur op te knap, plaaslike jeugdiges te betrek en die plaas se olifantbevolking in ‘n trofeejag-plan te integreer. Nida se uitvoerende hoof, Richwell Lukonga, sê die strategië van die plaas se nuwe bestuur is suksesvol. In die afgelope 12 maande is geen beeste aan siektes dood nie, wat ‘n beduidende verbetering aandui.