NamRA-beamptes stop dwelms by grensposMay 24, 2025

Beamptes van die Namibiese Inkomste-agentskap het ‘n groot besending dwelms by die Ariamsvlei-grenspos onderskep. NamRA sê in ‘n verklaring baggasie is deursoek en beamptes het 2 039 Mandrax-tablette asook ‘n pakkie wat vermoedelik kokaïenpoeier bevat gevind. Die Mandrax is sowat 244 700 Namibiese dollar werd maar die poeier moet nog getoets en waardeer word. ‘n Verdagte is gearresteer.