Bipa hou werksessie oor deregistrasie van besighedeMay 24, 2025

Die Owerheid vir Besigheid en Intellektuele Eiendom, Bipa, het ‘n belanghebbende-werksessie in Ongwediva gehou oor die deregistrasie van nie-nakomende besighede. Sake-eienaars is gemaan om hul voordelige eienaarskap-inligting in te dien of hulle kan deregistreer word, met gevolge soos kontrakverliese en regsprobleme. Deregistrasies het amptelik op 16 Mei vanjaar begin. Kosmos 94.1 Nuus het met Bipa se woordvoerder, Ockert Jansen gepraat.


Hy sê hulle ervaar nie tans enige uitdagings nie.