Regstelsel faal Kaapse Vlakte, sê DA May 23, 2025
Die DA sê die wanfunksionele strafregstelsel laat gemeenskappe op die Kaapse Vlakte in Kaapstad in die steek, met ‘n skokkend lae skuldigbevindingskoers van vyf persent vir onwettige vuurwapensake. Volgens die party belemmer mislukkings met ondersoeke en vervolgings pogings om bendebedrywighede te beveg. Hulle beplan om die Nasionale Vervolgingsgesag na die Parlement te roep. Glynnis Breytenbach van die DA waarsku sonder dringende hervormings en sterker samewerking tussen die polisie en aanklaers sal die geweld kwesbare gemeenskappe bly teister.