Ovaherero-, Nama-owerhede sê regering ignoreer geskiedenis May 23, 2025

Die Ovaherero- en Nama-gemeenskappe verwerp 28 Mei as Volksmoord-Gedenkdag, en sê dit is histories onakkuraat en sonder hul betrokkenheid ingestel. Hulle verkies 2 Oktober en 12 April, wat direk verband hou met die volksmoordbevele. Leiers soos Nandiuasora Mazeingo van die Ovaherero Tradisionele Owerheid sê die regering ignoreer hul geskiedenis en hulle eis restouratiewe geregtigheid. Kosmos 94.1 Nuus het met die LPM se menseregteleier Joyce Muzengua gepraat.  

Sy sê tradisionele owerhede beplan om die geleentheid te boikot.