Nasionale Rolbalweek begin môre in WindhoekMay 23, 2025
Rolbalspelers van oral in die land trek môre in Windhoek saam vir die Namibiese Rolbalvereniging se Nasionale Rolbalweek 2025. Wedstryde vind plaas by die rolbalklubs van Eros, Windhoek en Trustco United. Finale wedstryde word op 31 Mei by die Windhoek-rolbalklub naby die parlementstuine in die hartjie van die hoofstad plaas.