Namdia-saak vandag weer in hofMay 23, 2025
Joel Angula, ‘n verdagte in die opspraakwekkende Namdia-diamantrooftog, verskyn vandag weer in die landdroshof in Windhoek. Angula, ‘n veiligheidswag by Namdia, was aan diens toe die roof in Januarie vanjaar plaasgevind het en miljoene dollar se diamante gesteel is. Twee mense is tydens die rooftog doodgeskiet. Angula word van roof, moord, poging tot moord en die besit van ongeslypte diamante aangekla. Hy is een van ses verdagtes tans in die saak.