Luka Modric verlaat Real Madrid na Klub-WêreldbekertoernooiMay 23, 2025
Sokker: Real Madrid se 39-jarige Kroatiese middelveldspeler, Luka Modric, het aangekondig dat hy die Spaanse reus ná die Klub-Wêreldbekertoernooi gaan verlaat. Hy het byna 600 wedstryde vir Real gespeel sedert hy in 2012 van Tottenham af aangesluit het, en het onder meer ses Kampioeneliga- en vier La Liga-titels gewen. Modric het die Ballon d’Or in 2018 gewen vir sy vertonings vir Madrid en sy land, terwyl Kroasië as naaswenner geëindig het in die Wêreldbekertoernooi in Rusland.