Klimaatverandering bedreig duisende spesies May 23, 2025

‘n Nuwe studie sê klimaatverandering is tans, naas ooruitbuiting en habitat verswakking, die derde grootste bedreiging vir die aarde se natuurlewe. Dié studie is in die joernaal BioScience gepubliseer nadat meer as 70 000 spesies wilde diere ontleed is. Klimaatverandering bedreig sowat vyf persent van die spesies wat ontleed is. Daar is gevind dat klimaatverandering toenemend ongewerwelde seediere, soos weekdiere, seesterre, koraal en die koningkrap, negatief raak, deels weens aardverwarming.