Kaholongo, Gertze nou uitvoerende direkteure in presidentskantoorMay 23, 2025
Mateus Kaholongo en ambassadeur Neville Gertze is aangestel as uitvoerende direkteure in die kantoor van die president effektief 1 Junie. Albei het vaste-termynkontrakte gekry, met Kaholongo wat vir drie jaar en een maand sal dien, en Gertze vir vyf jaar. Kaholongo is tans die waarnemende uitvoerende direkteur in die Kantoor van die President. Gertze was vanaf 2017 tot 2025 Namibië se ambassadeur by die Verenigde Nasies in New York en was ook ambassadeur na Duitsland.