Hoofstad reg vir derde Vivo Energy-maraton May 23, 2025
Die derde Vivo Energy Windhoek Marathon vind môre in die hoofstad plaas met meer as 4 300 drawwers wat na verwagting aan die verskillende kategorieë van dié wedloop sal deelneem. Volgens die woordvoerder van Vivo Energy Namibia, Lazarus Nafidi, sal die opbrengs van vanjaar se wedloop aangewend word om sonkrag-straatligte in areas te installeer waar baie misdaad voorkom. Sowat 400 000 Namibiese dollar is met die vorige twee wedlope ingesamel, wat vir biblioteke en sanitasiegeriewe in behoeftige dele van die hoofstad gebruik is.