Hernubare energie kan ook skop in ekonomie sit May 23, 2025
Die integrasie van hernubare energie in Namibië se klimaatsweerbaarheid strategie kan langtermyn-ekonomiese voordele inhou deur afhanklikheid van duur ingevoerde fossielbrandstowwe te verminder. Beleggings in son- en windkrag kan plaaslike opwekking verhoog en blootstelling aan wisselvallige wêreldmarkte verlaag, volgens InFocus Namibia. Hernubare energie bevorder energie-sekuriteit, verbeter die handelsbalans, en bied langtermyn-besparings ondanks hoë aanvangskoste. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike energiekenner Harald Schütt gesels.